Bronmed: Bekendstelling

Ons skop 2019 goed af met die bekendstelling van ons 6de La Vie Care sentrum – La Vie Care Bronmed

Op 10 Januarie 2019 het ons bekend gemaak dat ons die fasiliteit by Unique Health gaan oorneem. Bronmed gaan wel eers amptelik in Februarie begin.

La Vie Care is al 27 jaar in die bedryf, met Lynnmed as die Moeder “Frail Care” eenheid en daarna Oosmed.

Ons is dankbaar vir die geleentheid en sien uit om ons omgee met die gemeente te deel. Ons sien onsself as ń ‘mens-mens’ maatskappy. Elke Frail Care eenheid is ‘n huis vir die inwoners. Ons werk in iemand se huis, die inwoner bly nie in ons werksplek nie.  Dis ‘n La Vie Care beleid. In die Oord word die inwoners goed versorg totdat die tyd aanbreek dat hulle meer versorging nodig het.

Ons sien uit om ń groot sukses te maak uit die sentrum!

ń Goeie uiteensetting van die fasiliteit kan jy hier vind: Bronmed

Vir meer inligting oor die fasiliteit, kontak gerus vir Leon Dirker @ 082 920 2743

Hier is paar fotos van die bekendstelling: