Testimonials

My pa, mnr G.S. Koekemoer, was vir bykans 3 jaar in die eenheid versorg. Ons gesin was dikwels verbaas en beïndruk deur die wyse van behandeling en sorg wat hy ontvang het. Hy was altyd skoon en sy kamer was altyd netjies. As my pa gekla het, was dit oor iets wat hy teen sy sin moes doen wat slegs vir sy eie voordeel was! As gesin kyk ons terug op die tyd wat hy in La Vie Care @ Oosmed was en besef ons kon nie vir beter gevra het nie! Met sy afsterwe was ons betyds in kennis gestel sodat ons die laaste moment van sy lewe kon by wees om van hom afskeid te neem. Ons was met die grootste empatie behandel en deur die seer begelei. Ons grootste dank en waardering aan die personeel van La Vie!
Koekemoer gesin
5/5
Dis vir my 'n plesier en voorreg om, in eie naam en namens my moeder, Mev Maxie Steenkamp, hierdie brief van waardering te skryf vir die buitegewone diens en hulpvaardiheid wat ons ontvang van Sr Stella Smit (Oosmed). Haar medemenslikheid en dienswilligheid, sowel as haar ervaring en kundigheid, manifesteer op soveel vlakke en geleenthede...Voorwaar 'n onbaatsugtige demonstrasie van naaste liefde en sorgsaamheid, wat u organisasie (en haar persoonlik) tot groot eer strek.
Dr Willem Steenkamp
5/5
Christelle, BAIE DANKIE uit ons hart uit vir die daaglikse oggend en aand versorging wat julle vir my pa gedoen het. Die liefde, geduld en vriendelikheid waarmee jul werkers dit elke dag gedoen het, het soveel vir my ma en ons beteken. Dankie dat ek sommer elke keer jou net kon laat weet as ons situasie verander het en vir al jou omgee en oproepe. Mag die Here jou hande elke dag sterk maak vir die fantastiese omgee mens wat jy is!
Ingrid Strydom
5/5
I just wanted to thank all the staff in the frail care at Country Life for the exceptional good care of Mr SP Pieterse . We have been part of the frail care since it was just opened and I must say the last couple of months we have seen such a positive change in care as well as the up keep of the centre . All staff members from nursing to caregivers and cleaners are so professional and friendly . I must also mention that they handle Mr Pieterse’s Epileptic condition with so much discretion and care . I wanted to bring this under your attention. Our deepest gratitude to ALL .
Johan & Elmarie Pieterse
5/5
Thank you for the below info, I know you will still be involved with CL Frail Care but I would take the opportunity to thank you for everything during the past 14 or so months. Mom having been at CL since it opened, I can safely say that the past 14 months have been certainly the best 14 months.
Craig Roberts
5/5
Ek wil net dankie sê vir die Admin span en personeel hier by Elmed. Ek dink julle het absoluut die spyker op die kop geslaan met Riana se aanstelling. Vandat die nuwe aanstellings van Louise en nou Riana plaasgevind het, is dit 'n absolute plesier om saam te werk.
Wilma van der Berg
5/5
My eggenoot, Josef Weyers, het tans tuisversorging nodig van die versorgingseenheid (La Vie Care @ Oosmed) hier in Pretoria-Oos Aftree Oord. Ek besef nou hulp is net 'n telefoonoproep van ons af. Die diens wat ons van Mev Rencia Opperman, Suster Stella en Suster Saru ontvang, is puik. Dankie ook aan Sammy en Sipho vir uitstaande versorging.
Ruth Weyers
5/5
I hope you had a pleasant Easter with lots of Easter Eggs, or is it the case that after the Tea Party you cannot look an Easter Egg in the face. It was a lovely tea and but more to the point, what a lovely idea it was. Thanks to you and your staff to make it quite memorable. All extra work in a full day already.
Esme Chatburn
5/5
Baie dankie vir ń persoon soos Louise. Haar opregte vriendelikheid en vrolike lag, maak ń verskil aan die atmosfeer. Sy neem in alle opsigte leiding, sy luister nie net nie, maar los probleme op. Dankie ook aan Lulu en Susan wat saam met Louise ń werklike verskil wil maak. Etes het aansienlik verbeter.
Mariaan Coetzee
5/5
I take at the same time the opportunity for you there at Lynnmed from Sr. Nicky, Rencia and Susan, to the nurses, kitchen staff and cleaning crew to thank for the excellent care that I recently received during my 10 day stay. Every person I had to do there, his best and to ensure my comfort.
Stephen
5/5
I would like to thank the whole staff for your thoughtfulness, compassion, tenderness, assistance, dedicated service, and friendliness, during my dad's stay at the clinic.
Bonnie Nel
5/5
Thanks again for all that you do and the love and respect shown by you and your team. We really appreciate it!
Craig Hudson
5/5